AllBestEssays.com - All Best Essays, Term Papers and Book Report
Search

Duiwelskloof - Flip Lochner Karakter (afrikaans)

Essay by   •  October 3, 2011  •  Essay  •  1,432 Words (6 Pages)  •  2,437 Views

Essay Preview: Duiwelskloof - Flip Lochner Karakter (afrikaans)

Report this essay
Page 1 of 6

1. Inleiding

In hierdie werkstuk word daar aan die hand van die verhaal Duiwelskloof (Brink ,1998) 'n uiteensetting gegee aangaande die karakter van Flip Lochner as 'n dinamiese karakter wat getransformeer word van joernalis/geskiedskrywer na 'n wafferse inspekteur Columbo wat 'n raaiselagtige moord moet oplos. In sy soeke na die waarheid ondergaan hy verskeie stadiums van verandering, tot hy helaas bloot "deel van die Duiwelskloof storie" raak.

Vyf fokuspunte sal in die werkstuk behandel word om die verandering uit te lig:

o Flip Lochner - misdaadverslaggewer

o Flip Lochner betree Duiwelskloof

o Ervarings wat Flip Lochner verander

o Die opsigte waarin Flip Lochner verander

o Die uiteinde van Flip Lochner

2. Flip Lochner - misdaadverslaggewer

Leeskring van Mei 1999 beweer dat Brink heelwat lesers verloor het oor die karakter Flip Lochner. Brink self vertel aan Cas van Rensburg in 'n onderhoud vir Insig (September 1998:38) dat "Flip Lochner 'n geharde misdaadverslaggewer is wat vloek soos 'n oop riool".

Sentimentele beskrywings van enige aard is nie deel van die ou hardekwas Flip Lochner se skryfstyl nie. Hy is bloot te dikvellig daarvoor - of is hy?

Lochner is hardkoppig en laat hom nie ompraat om uit die kloof uit weg te bly nie (14). Hy is 'n "sorry sight" (17), geskei, alleen en verbitterd. Die sinisme van joernalistiek het 'n "vlek [..] soos nikotien" (21) op hom gelaat .

Wanneer hy sê: "Ek kom kry my in 'n hoek, 'n plek wat nie aan my vreemd is nie"(23) word dit duidelik dat hy in sy lewe ook in 'n hoek is. Hy probeer om sy vrou en kinders te onderhou, selfrespek te behou, maar het niks meer behalwe sy sinisme nie.

3. Flip Lochner betree Duiwelskloof

Bergaf na Duiwelskloof, saam met die dwerg en sonder 'n vertroude voetpad, moet Flip Lochner af en toe 'n breek vat om te rook - sy "bors galm soos 'n outydse blaasbalk" en sy "longe is gedaan" (29). Hy wonder of sy vrou Sylvia "dan [sal] besef wat sy in die lewe gemis het" as hy nou moet sterf. Haar laaste woorde was immers "Jy het sifilis van die siel, Flip Lochner" (29)

Volgens Flip se kinders en sy vrou is hy "klaar rock bottom" (33). Sy voorkoms is nooit goed nie en dit lyk altyd of hy behoort te skeer (51)

Flip Lochner begin sy verhouding met die mense van die Kloof op 'n skeptiese afstand. Hierdie afstand word beklemtoon deur sy sinisme en wêreldmoegheid.

4. Ervarings wat Flip Lochner verander

Aanvanklik is Flip Lochner die ywerige misdaadverslaggewer wat die "knaende rot is sy binneste moet voer" (21) As duiwelsadvokaat haal hy die mense van Duiwelskloof oor om hul kwesbaarhede bloot te lê - in werklikheid wil hy egter die geskiedenis van die klein streek Duiwelskloof opskryf as redding vir sy eie, skeefgeloopte lewe. Leuen na leuen maak dit vir hom moeilik.

Die jong vrou Emma oefen groot aantrekkingskrag op hom uit wat sy betrokken-heid en moontlike aandadigheid by die mense en gebeure in die Kloof laat toeneem.

Flip raak soos 'n wafferse speurder betrokke by die soeke na die enigmatiese en misterieuse Emma se ma se beendere wat volgens verdraaide vertelling onder 'n hoop klippe lê omdat sy gestenig is deur die gemeenskap. Hy vind egter die beendere van 'n kind en is gou oortuig dat die gemeenskap deurdrenk is van donker, ongure dade. Vervolgens is daar 'n openbaringsproses wat dit duidelik maak dat die inwoners van Duiwelskloof deel uitmaak van 'n sosiale stelsel gekenmerk deur onderdrukking, verskeie vorms van ongeregtigheid en ekstreme wreedheid.

As kind is Flip ook mishandel, deur 'n dronk pa (83), en wanneer die waterdief dan mishandel word skok dit vir Flip - gesoute misdaadverslaggewer (133-34) en hy besef dat 'n mens "blootgestel" is "maak nie saak hoe hardegat jy is nie" (135).

Onsekerheid en 'n gebrek aan selfvertroue begin deurskemer in Flip Lochner en wanneer hy Emma 'n tweede keer by die watergat opmerk, merk ons dit duidelik in sy woorde: "Dié keer was sy werklik daar. Dink ek" (148) Flip Lochner verduidelik aan Emma hoedat hy sy illusies verloor het, sy drome om geskiedenis te skryf (155). Hy bevraagteken immers "waar lê die grens tussen waarneming en betrokkenheid?"

Flip se verhouding met Emma lei tot 'n menigdom ervarings wat hom in wese verander.

...

...

Download as:   txt (8.4 Kb)   pdf (108.7 Kb)   docx (12.7 Kb)  
Continue for 5 more pages »
Only available on AllBestEssays.com
Citation Generator

(2011, 10). Duiwelskloof - Flip Lochner Karakter (afrikaans). AllBestEssays.com. Retrieved 10, 2011, from https://www.allbestessays.com/essay/Duiwelskloof-Flip-Lochner-Karakter-afrikaans/11791.html

"Duiwelskloof - Flip Lochner Karakter (afrikaans)" AllBestEssays.com. 10 2011. 2011. 10 2011 <https://www.allbestessays.com/essay/Duiwelskloof-Flip-Lochner-Karakter-afrikaans/11791.html>.

"Duiwelskloof - Flip Lochner Karakter (afrikaans)." AllBestEssays.com. AllBestEssays.com, 10 2011. Web. 10 2011. <https://www.allbestessays.com/essay/Duiwelskloof-Flip-Lochner-Karakter-afrikaans/11791.html>.

"Duiwelskloof - Flip Lochner Karakter (afrikaans)." AllBestEssays.com. 10, 2011. Accessed 10, 2011. https://www.allbestessays.com/essay/Duiwelskloof-Flip-Lochner-Karakter-afrikaans/11791.html.